Sonkamers

large_image

Proport spesialiseer sedert 1986 in die oprigting en ontwerp van sonkamers.

Dit maak deesdae sin om eerder n eiendom te verbeter as om te verkoop. Vele huise leen hulself absoluut daartoe om onbenutte areas te omskep in sonkamers. Daar is ook vele gevalle waar die wind n area onleefbaar maak, maar deur die sykante toe te maak met glas en aluminium, word die wind uitgehou, sonder dat dit voel asof mens binneshuis is.

Proport gebruik lae onderhoud aluzinc vir die struktuur, met n verskeidenheid opsies vir dakplate. Polycarbonate plate, of zincalume kan gebruik word, of colorbon (of n kombinasie). n Platform met insulasie is ook n alternatief. Ons hegtings metode van dakplate is uniek, wat baie stewige strukture tot gevolg het, en windesnelhede van tot 105km per uur kan trotseer. Sykante is hoofsaaklik aluminium en glas, maar ontwerpe word rondom die klient en munisipale vereistes gedoen. Proport se sonkamers is uniek, en bied styl, eenvoudige en praktiese oplossings vir soms moeilike situasies.

Ons praktiese konsultante is opgelei om kliente te adviseer, vanaf die aanvanklike perseel besoek tot waar planne gedoen moet word.