Afdakke

large_image

Proport spesialiseer al sedert 1986 in die oprigting van lae onderhoud strukture.

Liggewig aluzinc word gebruik vir die struktuur, in plaas van die “gewone” hout afdakke. Met vandag se voertuig kostes, is dit net sinvol om daardie bates te beskerm teen die elemente.

Ons konstruksies is geskik vir privaat sowel as besigheids doeleindes. Munisipale planne word deur ons geteken, en ons behartig die hele proses van teken tot goedkeuring. Kliente het dus volle gemoedsrus, en weet dat alles ten volle aan alle munisipale en ander vereistes voldoen.

Proport strukture het n baie kenmerkende estetika, en alle dakke word afgeround met wit, onderhoudsvrye polyester fassies. Dit verskans die dakplate, en die reenwater word tot by die grondvlak geneem met ne 80mm pvc afvoerpyp.

Wat dakbedekking betref, is daar verskeie dakplate om van te kies, afhangende van persoonlike keuse, wat prakties is of wat deur sekere komplekse of behuising skemas vereis word.