Produkte
Proport bedek en maak basies alles toe. Dit is die rede hoekom ons “The Enclosure People” genoem word. Afdakke, sonkamers, braaikamers, swembaddens, balkonne en onderdak parkeer areas, noem dit... ons doen dit.
Die struktuur wat gebruik word is vervaardig van liggewig “aluzinc” staal, gebuig in u-kanale wat deur “rivets” aanmekaargesit word sodat dit ‘n baie sterk balk vorm. “ALUZINC” is staal plaat wat bedek is met ‘n allooilaag van 55% aluminium, 44 % sink en 1% silikon, wat beskerming teen roes verskaf. Die struktuur word met ‘n hoë gehalte onderlaag bedek en daarna gespuitverf om by bestaande strukture in te smelt.
Die dakmateriaal is IBR- metaal, Colorbond (geverfde IBR) plaat of U.V behandelde Polycarbonate plaat as maksimum lig benodig word.
Hoë gehalte skuifdeure met veiligheidsglas, asook aluminium vensters word gebruik om die kante te vorm.