Maatskappy

Wanneer u Proport kies, kry u toegewyde en professionele aandag en diens.” Ons verskaf meer leefspasie vir alle huiseienaars in die Wes-Kaap.

Proport is reeds in besigheid sedert 1986. Ons spesialiseer in die oprigting van afdakke, sonkamers, braaikamers, onderdak parkeer areas en die toemaak van swembaddens en balkonne.

Hierdie dinamiese maatskappy is in Bellville in die Wes-Kaap in Suid-Afrika geleë. Die besigheid het in ‘n klein fabriek in die Wes-Kaap ontstaan en is begin deur Frikkie van Eeden. Die besigheid het gou so groot gegroei dat hulle oes skuif na ‘n groter fabriek en sedert 1998 is Proport in hul eie fabriek waar die meeste werk vooraf vervaardig en voorberei word. 

Ons kan ongeveer 300 projekte per jaar doen en het die vermoë om 20 afdakke in vyf dae op te rig.

Sedert 1998 word Proport bestuur deur drie direkteure:

Besturende Direkteur – Deon Uys
Produksie Direkteur – Cor Stofberg
Bemarkings Direkteur - Johann Coetzee