Dienste

“The Enclosure People”
Proport beskik oor opgeleide adviseurs met ondervinding om kliënte by te staan en te help om die regte keuses te maak in hul individuele situasie.

Ons adviseurs sal die beste praktiese oplossings voorsien met hul innoverende idees, produk keuse en installering van produk, vanaf afdakke, sonkamers, toemaak van swembaddens, balkonne, braaikamers, patios en onderdak parkering. Ons streef na algehele en deurlopende tevredenheid.

Proport het georganiseerde spanne, elk met sy eie voorman. Hierdie spanne word deur ‘n produksie bestuurder bestuur om hoë gehalte te waarborg.

Proport het ‘n geskiedenis van eerlike gewaarborgde diens. Hulle doen naverkoopdiens, self nadat die waarborgtydperk van een jaar verstryk het.

Ons sal altyd net ‘n telefoonoproep weg wees. Geen probleme van enige aard is te groot nie. Proport is trots op hul goeie naam en sal altyd streef om dit so te hou deur altyd uitstaande kwaliteit diens asook naverkoopdiens te lewer.